All Nippon Airways

All Nippon Airways
ANA Boeing 747SR-81 by Perth-lughawe (middel-1980).
IATA: NH
ICAO: ANA
Roepsein: ALL NIPPON
Gestig: 27 Desember 1952
Ondernemingsvorm: Aandelemaatskappy
Hoofkwartier: Minato, Tokio [1]
Hooflughawe: Haneda Internasionale Lughawe
Kansai Internasionale Lughawe
Narita Internasionale Lughawe
Osaka Internasionale Lughawe
Voorsitter: Shinya Katanozaka
President en HUB: Yuji Hirako
Werknemers 45 849 (2019)
Alliansie: Star Alliance (1999)
Bestemmings: 104
Vloot: 214 vliegtuie
Webtuiste: http://www.ana.co.jp/

All Nippon Airways (Japannees: 全日本空輸株式会社, Zen Nippon Kūyu Kabushiki gaisha, TYO: 9202), ook bekend as ANA of Zennikkū (全日空) (IATA: NH, ICAO: ANA) is 'n internasionale lugredery met sy hoofkwartier in die Shiodome-gebied van Minato-wyk, Tokio, Japan. Dit bedryf dienste na en van beide plaaslike en internasionale bestemmings[2] en het teen 2019 meer as 45 800 werknemers in diens gehad.[3]

Benewens sy hooflynbedrywighede, beheer ANA verskeie filiaal-passasiervervoerders,[4] insluitend sy streeklugredery, ANA Wings, Air Nippon, Air Do ('n laekosteredery wat geskeduleerde diens tussen Tokio en stede in Hokkaido bedryf), en Allex Cargo (ANA Cargo - die lugvragafdeling wat deur Air Japan bedryf word). ANA is ook die grootste aandeelhouer in Peach, 'n laekoste-gesamentlike onderneming met die Hongkongse maatskappy First Eastern Investment Group. In Oktober 1999 het die lugdiens 'n lid van Star Alliance geword. Op 29 Maart 2013 is ANA deur Skytrax as 'n 5-ster-lugredery aangewys. Op 27 April 2018 is ANA Business Jet Co., Ltd. aangekondig, 'n gesamentlike onderneming met Sojitz om privaatstralerhuurvlugte te lewer.[5]

All Nippon Airways Boeing 777-200 styg op van Haneda-lughawe.
All Nippon Airways Boeing 767-300 by Haneda-lughawe.
  1. "Airline Membership". IATA (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Desember 2019. Besoek op 1 Oktober 2012.
  2. "ATW's 2007 Airline of the Year". Air Transport World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2008. Besoek op 19 Augustus 2009.
  3. "Corporate Profile". ANA. Besoek op 9 Oktober 2015.
  4. グループ会社一覧 (in Japannees). All Nippon Airways. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2012. Besoek op 1 Oktober 2012.
  5. Private Jet Card Comparisons https://privatejetcardcomparisons.com/2018/04/29/all-nippon-airways-forms-private-jet-charter-company/

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne